Het jy gehoor?

‘Ek kon soos Whitney geëindig het’ – Elton John

Elton is in 2005 met sy lewensmaat, David Furnish, getroud, en beskou sy besluit om in 1990 weg te stap van dwelms en alkohol as een van die grootste prestasies van sy lewe. Hy en David is vandag die ouers van die eenjarige Zachary, wat hulle by geboorte aangeneem het.

“Ek sou nie die mens gewees het wie ek vandag is nie. Ek sou nie vir Zachary óf David gehad het nie. Ek sou niks gehad het nie.”

Elton het ook gebieg dat hy as volwassene fisiek en emosioneel geboelie is.

“Ek was die perfekte kandidaat. Ek was bekend, maar ek was skaam en geïntimideer,” het hy gesê.

“Een van die boelies was fisiek gewelddadig en die ander twee emosioneel. Dit het alles oor beheer gegaan en is gedoen deur mense na aan my en my loopbaan.

“Ek is bang dat Zachary geboelie gaan word omdat hy nie ‘n ‘tipiese’ ouerpaar het nie. As dit sou gebeur, dan sal ons vir hom sê om vir homself op te staan,” het Elton gesê.

“Zachary is die grootste vreugde! ‘n Mens dink jou liefde vir jou lewensmaat is baie. Maar jy ken nie dié liefde voor jy nie ‘n kind het nie.”

Elton werk tans saam met Lady Gaga (Zachary se peetma) aan ‘n anti-boelie-veldtog.

“Te veel mense is dood, te veel jong mense pleeg selfmoord want hulle is bang vir tieners,” het Elton gesê.

“Dit moet gestop word. Mense moet besef dat hul aksies gevolge het.”

Kyk die video van Elton John hier.