FOTO:  http://www.worldbabyshower.org/

FOTO: http://www.worldbabyshower.org/

Het jy gehoor?

“Ek pas weer in my jeans” – nuwe ma Shakira vertel hoe

Shakira het einde Januarie haar tweede seun verwelkom, en sy pas reeds weer in haar gunsteling-jeans, berig HELLO! 

Die “Hips don’t lie”-sangeres vertel dat haar kleredrag vir ’n paar maande beperk was: “Vir ’n tyd kon ek net sweetpakbroeke dra. Ek kon nie eens die jeans verby my knieë kry nie. Nou is ek terug in my jeans en dit is wonderlik!”

A photo posted by Shakira (@shakira) on


Shakira bieg dat sy tydens haar swangerskap “baie” geëet het. Sy is nou meer bewus van wat sy eet, en oefen harder om haar ou lyfie terug te kry: “Dit kos dissipline, uithouvermoë en ’n bietjie selfbeheersing wanneer dit by kos kom. Ek is baie lief vir kos! Ek eet steeds baie, maar ek eet kos met baie voedingswaarde en vermy vetterige kossoorte.”

Shakira verander ook gereeld haar oefenroetine: “Ek verander dit elke dag sodat ek nie verveeld raak nie. Ek boks, dans, speel tennis of oefen in die gimnasium.”

En hoe beloon sy haarself? “Ek is verslaaf aan sjokolade,” sê sy vinnig.

Die 38-jarige sangeres van Colombia woon tans in Barcelona saam met haar sokkerspeler-lewensmaat, Gerard Piqué, en hul twee seuns – Milan (2) en Sacha (3 maande).

Bron: HELLO! 

Lees ook