FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

“Ek wil my nie die heeltyd bekommer oor die grootte van my agterstewe nie”

In ’n beroep waar hoe jy lyk soms net soveel tel as jou talent, is van ons gunsteling-aktrises onder druk om altyd op hul beste te lyk. Maar Kate Winslet en Jennifer Lawrence steur hulle nie veel hieraan nie.

Die 37-jarige swanger aktrise Kate Winslet sê sy het belangriker prioriteite in haar lewe as haar gewig. “Ek wil my nie die heeltyd bekommer oor die grootte van my agterstewe nie, maar ek wil gesond wees en pret hê,” het sy aan Time Out vertel.

Kate, wat getroud is met die sakeman en familielid van sir Richard Branson, Ned RocknRoll, is swanger met haar derde kind.

“Ek wil gesond wees en lank lewe vir my kinders se onthalwe. Dít is my prioriteit, nie om ’n plat maag te hê nie.” Sy dink ook dat dié houding al hoe meer vlamvat onder Hollywood-aktrises en dat aktrises nie meer skroom om hul kurwes te wys nie.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die Oscar-bekroonde Jennifer Lawrence het aan Harper’s Bazaar vertel dat sy al by meer as een geleentheid gevra is om gewig te verloor om meer rolle los te slaan.

Dié 23-jarige ster van The Hunger Games en Silver Linings Playbook het vertel dat ’n grootkop in die filmbedryf gedreig het om haar af te dank as sy nie gewig verloor nie. “Dit maak seer. Veral toe ek jonger was, het dit baie seer gemaak.”

“As enigiemand nou die woord ‘dieet’ sê, sê ek hulle kan maar gaan vlieg.”

Bronne: Daily Mail