blue_ivy_2
Het jy gehoor?

“Ek’s mal oor my post-swangerlyf” – Beyoncé se geheim

Dis moeilik om te glo dat Beyoncé (30) skaars 4 maande gelede ’n baba gekry het. Die sangeres is onlangs in ‘n swembroek in St. Barts gesien, en sy’t fantasties gelyk.

Knowles gaan vyf keer per week gim toe saam met haar persoonlike afrigter, Marco Borges. “Ons doen kardio- en pliometriese oefeninge (plyometrics). Laasgenoemde is ‘n oefening waar die spiere eers goed gestrek word en dan met hoë-impak-oefening weer saamgetrek word.

Beyoncé borsvoed steeds en vermy geprosesseerde kosse. Sy eet liefs groente en gebraaide vleis. “Jy hoef nie net selderystokkies te eet nie,” sê Borges. “Dink oor wat jy in jou mond sit en oefen gereeld.”

Sy oefen nou vir haar eerste vertoning ná Blue Ivy se geboorte. “Sy’s mal oor haar lyf,” het ‘n vriendin gesê.

Kyk na die foto’s van Beyoncé se post-swangerlyf