Het jy gehoor?

Eksklusief: 10 minute met Laurika Rauch

Laurika Rauch is terug met ‘n nuwe album. Jy’t dalk lank gewag vir Wals, Wals Willemien, maar dit was die moeite werd. En nou kan jy ‘n eksklusiewe video-onderhoud met haar op SARIE.com kyk.

Die titelsnit is geskryf deur Christoph Kotze, medeskrywer van ‘Land van melk en heuning’ van Bok van Blerk en Theuns Jordaan se ‘Sal jy bly’.

Dié lang wag was te danke aan Laurika se besige skedule oor die afgelope vier jaar. Optredes en ‘n soektog na nuwe liedjies het haar behoorlik besig gehou.

Hoogtepunte van die afgelope paar jaar:
2010: AfriFrans-vertonings
2011: Hoofrol in die musiekspel Stuur groete aan Mannetjies Roux
4 jaar se Skouspel-vertonings.
2013:
Toer van Australië
2014: Woordtrofee by Woordfees 2014
2014: Kanna-benoeming vir Hart en See saam met Elvis Blue.

Koop Laurika Rauch se CD op Kalahari.com

Kyk na 10 minute met Laurika

 

Kyk die musiekvideo As ek eendag oud is