FOTO:  Phillip Rabie

FOTO: Phillip Rabie

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: 7de Laan se Andrea Streso verloof – só lyk die ring

Andrea Streso, die Laan se Danelle, is verloof!

Dit was ’n besige paar maande vir Andrea. Nie net het sy haar eerste SARIE-voorblad geskiet nie, sy het ook die moeilike besluit gemaak om vir eers haar toneelloopbaan eenkant toe te skuif en haar studies te voltooi.

En nou moet dié 23-jarige begin troue beplan. Want haar prokureur-kêrel, Hoffman van Zyl, het die groot vraag gevra. Sy vertel aan SARIE.com:

“Ek het wakker geword die oggend met ontbyt in die bed en ’n lys instruksies vir die dag. Ek het gedog dit is deel van ons maandelikse anniversary – ons het van die begin af besluit om elke maand ons liefde vir mekaar te vier.

By die werk het hy blomme laat aflewer met verdere instruksies. Ná ek alles uitgevoer het en by die huis instap, was die hele woonstel vol ballonne en aan elke ballon ’n foto van ons met ’n belofte agterop geskryf. Daarna is ons na ons gunsteling-restaurant. Ek was toe al natuurlik báie agterdogtig.

Terug by die huis het hy vir my ’n brief gegee en gesê ek moet dit lees en wanneer ek reg is, sitkamer toe kom. Ek het, en daar staan hy toe op sy een knie met my liefste kat in sy arms en om die kat se nek ’n ringboksie. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Of die laaste deel volgens plan verloop het, twyfel ek sterk. Ons almal weet tog katte word nie sommer vasgedruk nie. Gelukkig was die vensters toe!”

Die pragtige paartjie ken mekaar van hul universiteitsdae af, maar het ’n jaar gelede mekaar weer in Johannesburg raakgeloop – en daarna het die liefde begin blom.

Die ring is volgens Andrea perfek. Dis gemaak uit roosgoud met ’n enkele diamant. “[Dis] baie klassiek en presies my styl,” vertel Andrea.

Alle foto’s deur Phillip Rabie. Besoek sy Facebook-blad HIER.

Lees nou