FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Tim Theron vir ’n tweede keer pa!

Eers was hulle drie en nou word hulle vier. Die akteur Tim Theron en sy vrou, Juanli, gaan vir ’n tweede keer ouers word! 

Tim het die goeie nuus eksklusief met SARIE.com gedeel.

“Ons hoop die volgende mensie hou meer van slaap as kleine Sophia. Eintlik moet die mensie mal wees oor slaap en deurslaap. Sophia het nie van slaap gehou nie,” het Tim skertsend vertel.

Dit het ’n dag of twee gevat om oor die aanvanklike skok te kom. Maar vir die afgelope paar weke is die Theron-gesin baie opgewonde oor die nuus.

“Die baba kom in Januarie. Ons is beslis rustiger die tweede keer. As mense my gevra het hoe dit met klein Sophia gaan, het ek gewoonlik net geantwoord: ‘Wel, sy lewe nog.’ As jy nuwe ouers is en die babatjie glimlag, dan dink jy jy doen seker ’n goeie werk.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

In 2014 het Tim en Juanli hul eersteling, Sophia, verwelkom. Volgens Tim vat sy dié nuus baie goed.

“Dit lyk of sy elke dag meer en meer verstaan. Sy wys na Mamma se magie as ons vra waar die baba is. Sophia is nou in die fase waar sy net slimmer en slimmer word. Haar verstaan oor die lewe is nie dieselfde as die vorige naweek, of selfs dag nie. Dis ongelooflik!”

En die geslag?

“Die dokter kon nie so lekker die geslag bepaal nie. Ons het ’n vermoede, maar is nie 100% seker nie. Sodra ons die geslag weet, sal ons aan name begin dink.”

Baie geluk, Tim en Juanli!