Het jy gehoor?

Eksklusief! Bobby en Lika is partytjie-Lieflinge

Hy is die blonde hartebreker, sy die donker skoonheid. En tussen hulle is ‘n energie wat beloof om die silwerdoek te laat vlam vat. Dis die nuwe fliek, Liefling, die movie, se twee sterre. Bobby van Jaarsveld is die student, Jan Ferreira, wat halsoorkop verlief raak op Liefling Marais, die wiskundeprof se dogter (gespeel deur Lika Berning).

Liefling is die eerste Afrikaanse musiekfliek sedert Sing vir die Harlekyn 30 jaar gelede, waarin Sonja Herholdt die ster was. Nou speel Sonja Liefling se ma, Linda! “Ek het vir die vervaardigers gesê hulle skryf my net nie as ‘n ou ma nie. Ek wil hip wees,” vertel dié liefling-sangeres wat vanjaar twee keer vereer is vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.

Te midde van die opgewondenheid het Bobby en Lika tyd afgeknyp om weer toneel te speel – dié keer om partytjieklere vir die feestyd te wys in SARIE se mode-fotosessie. Agter die skerms is Bobby teruggetrokke en Lika spontaan. Hy antwoord vrae kort en kragtig met ‘n skaam glimlag; Lika staan op en demonstreer hoe sy met haar sangoudisie vir Liefling na die vloer gestaar en “Somewhere Over the Rainbow” gesing het.

As Bobby nie voor ons kameras is nie, knip hy ‘n uiltjie op die bank in die aantrekkamer, tokkel op die klavier in die voorportaal of stap in die tuin rond. “Ek is ‘n stillerige ou. Ek praat nie sommer met vreemdes nie. Sommige mense het al gedink ek is wintie omdat ek nie maklik meng nie, maar ek is net skaam,” sê hy.

“Kyk na hom, hoe kan jy nie van hom hou nie?” terg Lika. “Tydens die verfilming van die fliek het hy uit sy dop gekruip. Hy is ‘n natuurlike akteur.” Ná twee dramaklasse by die veteraan-aktrise Brümilda van Rensburg was Bobby reg om toneel te speel.

Ek is dankbaar vir die rol, veral omdat ek nie ‘n akteur is nie. Aanvanklik was dit ongemaklik. Dit was moeilik om uit my gemaksone te kom, maar die ander akteurs het my baie gehelp.” Hy vertel hoe Lika, toe hulle met die verfilming begin het, vir hom’n drukkie gegee het. “Ek het toe besef hierdie girl is chilled. Dit gaan lekker wees om saam met haar te werk.”

Vir Lika is Liefling ‘n “hartsprojek”. “Daar is nie een mens wat aan Liefling gewerk het wat nie dieselfde voel nie.” Maar nou is dit eers weer tyd om te werk. Lika se grimering en hare word opgeknap terwyl Bobby agter die klavier sit en sku in die kamera kyk vir sy eerste foto…

Kyk dié video, Steve en Patrizio Buanne neem die lief Liefling saam op:

  • nYTFrO trccotzjqloh, [url=http://zidxucoermax.com/]zidxucoermax[/url], [link=http://hskzhsphvycs.com/]hskzhsphvycs[/link], http://mlwzlpzubrax.com/

  • Veronica

    Zeitweise Suspendierung von Aufkle4rung?Das ist doch eine Frage von Ethos, von Haltung; ich w rde auch sagen eine von Zuneigung, vielleicht von Liebe: Muss man sich nicht frgean, ob diese Wendehalstaktik eine L ge, ein Selbstbetrug ist? Und falls es keiner ist, wof r steht man dann eigentlich?Auf diese Art und Weise l sst sich alles, auch Mord und Totschlag rechtfertigen, man muss sich nur im Vorhinein auf der richtigen Seite wissen.