FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Desiré Gardner is swanger

Anders is al hoe jy Desiré Gardner se lewe nou kan beskryf. Daar’s ’n nuwe Kaapse sepie, ’n nuwe blyplek en binnekort ’n nuwe baba! Sy is 20 weke swanger.

Hier volg ’n kort uittreksel uit SARIE se April-uitgawe – vanaf Maandag, 14 Maart, te koop!

Halfnege in die oggend sit sy stemmig met ’n groot pot rooibostee. Geen koppie boeretroos die volgende paar maande vir haar nie. Want die laaste, grootste nuutjie: Sy is meer as 12 weke swanger. Klein “Peanut”, soos haar (of sy) nuwe gesin haar (hom) eers noem, maak op 23 Julie haar (sy) opwagting. Hom of haar – vir Desiré maak dit nie regtig saak nie.

FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

James (haar en haar man, James, se eersteling) kan nie wag vir sy “sussie” nie. Desiré het hom ’n sonar gewys waarin Peanut ’n vuisie maak. Daarin, het sy vertel, is ’n geskenkie net vir hom. James, opgewonde: “Ek wonder wat dit is, Mamma. Het sy gesê?”

Desiré en haar seuntjie, James

Desiré en James


Lees meer oor hoe Desiré se lewe verander het sedert sy Kaap toe getrek het, haar rol in Suidooster en hoe sy en Chris gereed maak vir hul tweede kind – eksklusief in jou April-uitgawe van SARIE. (Te koop vanaf Maandag, 14 Maart 2016.)

APR april 2016 Rolanda Marais