FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Ivan en Donnalee wéér saam!

7de Laan se Pieter en Annelie, Pad na jou Hart se Basson jnr. en Amory, Vir Altyd se Hugo en Nina. Vir die afgelope paar jaar is Ivan Botha en Donnalee Roberts die silwerdoek se goue paartjie. En soos met koning Midas, verander alles waaraan dié twee raak in goud, oftewel lokettreffers. Maar nou’s hulle reg vir ’n nuwe avontuur: ’n verhoogproduksie!

Ivan en Donnalee verskyn vanjaar sáám op die verhoog by Aardklop! Woensdag is die amptelike programbekendstelling van dié kunstefees. Maar SARIE.com kan eksklusief berig dat die produksie se naam Beurtkrag sal wees.

Beurtkrag poster

FOTO en ONTWERP: Jacques (Jay) Loots / KeyArt

FOTO Jacques (Jay) Loots / KeyArt

FOTO Jacques (Jay) Loots / KeyArt

FOTO Jacques (Jay) Loots / KeyArt

FOTO Jacques (Jay) Loots / KeyArt

Beurtkrag was oorspronklik ’n kortfilm wat geskryf is deur die akteur en draaiboekskrywer Stiaan Smith. By verlede jaar se Silwerskermfees het Stiaan met dié film die prys vir beste teks gewen.

Die storie gaan oor Jasper en Fransie wat saam in ’n woonstel intrek. Maar ’n kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie af en nader aan mekaar.

Volgens Ivan het Stiaan spesiaal die storie vir die verhoog aangepas.

“Ons het dadelik die potensiaal van Beurtkrag vir die verhoog gesien.”

- Ivan Botha, akteur

Stiaan is binnekort te sien in die romkom met ’n twist, Sy Klink Soos Lente. En vir dié rolprent het hy ook die draaiboek geskryf!

Vir Donnalee en Ivan was die verlange na die verhoog nog altyd daar.

“Ons kom albei van die verhoog af. Dit was die kern van ons opleiding. En om weer op die verhoog te kan wees en saam te speel is opwindend. Dis nog ’n uitdaging  en ons is bietjie senuweeagtig, maar dis daardie lekker bang,” vertel Ivan laggend aan SARIE.com.

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems eksklusief vir SARIE

FOTO: Donnalee Roberts en Ivan Botha

FOTO: Donnalee Roberts en Ivan Botha

Tydens die verfilming van Vir Altyd het Ivan en Donnalee begin droom oor die moontlikheid van só ’n avontuur.

“Ons het ook agtergekom dat daar ’n groot honger is vir vermaak op kleiner dorpies. En ons wil graag daar ’n verskil maak. Daar’s klein teatertjies waarvan jy nie eers geweet het nie!”

- Ivan Botha, akteur

Met Beurtkrag het hulle reeds baie drome.

“Dit hang als natuurlik af van die reaksie wat ons ontvang. Maar ons droom is om Beurtkrag by ander kunstefeeste in te skryf. En om selfs met dié verhoogproduksie op die pad te toer.”

En is dit die begin van vele verhoogproduksies?

“Definitief!”

Ivan en Donnalee op die stel van Pad na jou hart

Ivan en Donnalee op die stel van Pad na jou hart

* Volgens Ivan is die regisseur se naam nog ’n geheim!

Lees nou

Mauritius-kuier: Donnalee Roberts gesels oor liefde

Donnalee en Ivan deel die storie agter ‘Vir Altyd’111

Vir Altyd nóú nommer