Het jy gehoor?

Michael Jackson agter die skerms – Eksklusief!

Hierdie toer was reeds uitverkoop voor Jackson se ontydige dood en sou in die somermaande in Londen se O2-Arena plaasgevind het.

Die film is gemaak uit die sowat 100 ure se video-materiaal wat tussen April en Junie vanjaar opgeneem is gedurende Jackson se repetisies. Jy kan uitsien na ‘n private kykie en eksklusiewe materiaal van hoe Jackson die musikant, die danser, die kreatiewe genie, die argitek en die filmmaker sy laaste vertoning tot op die laaste detail skep.

Kenny Ortega, Michael se kreatiewe vennoot en verhoogregisseur, is die regisseur van die film.

Dit begin op Woensdag 28 Oktober draai en kaartjies sal vanaf 27 September te koop wees.