FOTO Hanri Human Fotografie

FOTO Hanri Human Fotografie

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Nadia Beukes se troue

Een van Suid-Afrika se gunsteling-aktrises, Nadia Beukes, het op 10 September met die projekbestuurder David de Villiers getrou op Wakkerstroom in Mpumalanga.

En vir hul wittebrood het die paartjie die pragtige Italië besoek. SARIE het die naweek van hul troue saam met Nadia en David op Wakkerstroom gekuier en wys die troufoto’s eksklusief in ons November-uitgawe – te koop vanaf Maandag, 10 Oktober.

Dit was ’n sprokiestroue en hulle was omring deur familie en vriende. As jy nie tot dan kan wag nie, hier is solank ’n voorsmakie van Nadia en David se groot dag:

“Hy laat my soos ’n prinses voel en dit beteken baie vir my.”

- Nadia oor haar man, David

Die dorp Wakkerstroom in Mpumalanga was in rep en roer toe Nadia Beukes, aktrise en TV-aanbieder  laat  daar getrou het met David de Villiers, projekbestuurder van Pretoria. Nadia se pa, die bekende operasanger Rouel STET Beukes, het die  Onse Vader op die troue gesing, wat deur 180 gaste bygewoon is. Hier is Nadia vooraf besig om reg te maak vir die groot dag saam met haar strooimeisies, Soné Combrinck en Ansua Steyn-Ahlström. Die troue met al die glansfoto’s  is eksklusief te sien in die November-uitgawe van SARIE wat 10 Oktober op straat is. FOTO Hanri Human

Die dorp Wakkerstroom in Mpumalanga was in rep en roer toe Nadia Beukes, aktrise en TV-aanbieder daar getrou het met David de Villiers, projekbestuurder van Pretoria. Nadia se pa, die bekende operasanger Rouel Beukes, het die Onse Vader gesing op die troue, wat deur 180 gaste bygewoon is. Hier is Nadia vooraf besig om reg te maak vir die groot dag saam met haar strooimeisies, Soné Combrinck en Ansua Steyn-Ahlström. Die troue met al die glansfoto’s is eksklusief te sien in die November-uitgawe van SARIE wat 10 Oktober op straat is. FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Koop Maandag, 10 Oktober, SARIE se November-uitgawe om Nadia en David se sprokiestroue te sien!

En op ons November-uitgawe se voorblad pronk niemand anderste nie as ons gunsteling-kaalkoppe, Nataniël en sy broer Erik. Hulle gesels oor hoe dit is om saam te werk, skouer aan skouer.

NOV

Lees nou

Kristen Stewart laat die koppe draai – à la Hillary Clinton

Is dít Natalie se volgende Oscar?

Roerende oomblik tussen prins Harry en siek seuntjie