FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Neels van Jaarsveld oor sy stryd met alkoholisme

Vir die eerste keer in 16 jaar sien hy die lewe soos dit regtig is en nie deur ’n waas nie. Die bekroonde akteur Neels van Jaarsveld is al byna ’n jaar nugter . . . Dis sy moeilikste reis nog, én sy grootste prestasie, vertel hy aan SARIE-joernalis Marguerite van Wyk in die Oktober-uitgawe van SARIE.

Alkoholisme is soos ’n boksgeveg wat nooit ophou nie. En jy veg teen ’n heavyweight. Dit het Neels van Jaarsveld iewers gelees en hy sal dit altyd onthou. “Dit maak sin. Jy klim elke dag in die ‘kryt’. In die aand is jy verlig, want jy het nóg ’n dag sonder drank oorwin. Maar die volgende oggend klim jy wéér in dieselfde ‘kryt’ . . .”

{—}

Hy is veral nou, jare ná die tyd, ontsteld as hy besef wat hy alles aangevang het toe hy te veel gedrink het. “Ek was een keer by die Pezula-gholfbaan naby Knysna op die Tuinroete, en kan niks onthou nie. Toe ek onlangs daar gespeel het, was dit soos ’n nuwe ondervinding.”

Dink daaraan, jy lewe, maar jy is eintlik dood.

- Neels van Jaarsveld oor sy stryd met alkoholisme

monique sutherland voorbladgesig oktober oktNeels gesels in die nuwe uitgawe van SARIE oor hoe hy sy verslawing geklop het, sy eksmeisie, selfmoordgedagtes én rehab. Dis ’n ingrypende onderhoud wat jy nie kan misloop nie …

Jy kan ook die Oktober-uitgawe van SARIE digitaal aflaai – klik HIER.