Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF op SARIE.com: Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo, “My Hartjie”

Die gewilde Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld se nuutste album, My Hartjie, is reeds op die rakke en die titelsnit (wat sy die eerste keer einde 2014 op die Afrikaans is Groot-verhoog gesing het) word sedert Valentynsdag op die land se gewildste radiostasies gespeel.

“My Hartjie” is vinnig besig om die treffersparades te klim. En nou kan jy ook vir die eerste keer dié liedjie se musiekvideo op SARIE.com en SARIE TV sien!

Dié musiekvideo sluit tonele in uit die nuwe Afrikaanse film Hollywood in my huis, wat op 26 Junie bekend gestel word. (Lees meer oor dié fliek onderaan dié artikel.)

Kyk na “My Hartjie” hier:

Agter die skerms van “My Hartjie”

Karlien bied SARIE.com-lesers ook ’n agter-die-skerms-kykie na die musiekvideo. Blaai deur die galery vir dié foto’s

My Hartjie Cover karlien van jaarsveld

Hollywood in my huis

10410395_873202662692318_3095882635967898783_nHollywood in my huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Maar toe sy op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid wat voor die deur lê in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.

‪Die regisseur van Hollywood in my huis, Corne Van Rooyen, is ook die regisseur van Karlien se musiekvideo.

Lees ook