riana_cover
Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Riana Nel se nuwe musiekvideo

Hoekom het jy ná jare van gospel-musiek besluit om ’n kontemporêre album te maak?
Ek wou nog altyd net sing en mense inspireer met my liedjies. Dit het my in die verlede baie gefrustreer dat sekere radiostasies nie my musiek kon of wou speel nie. Nou kan ek meer mense bereik en die mark is baie groter.

Waaroor skryf jy?
Ek skryf oor enigiets, gebeure in my lewe of goed wat in ander se lewe gebeur.

Hoekom het jy besluit om ‘n sanger te word?

  • Ek wil graag sing, want ek het ’n boodskap wat ek met mense wil deel.
  • Ek hou daarvan om mense deur my boodskap te laat dink, en moontlik in nuwe rigtings te laat dink.
  • Deur liedjies te skryf, kan ek kreatief en skeppend wees.
  • Dit is vir my ongelooflik lekker om liedjies te skryf en te sing.

Vir wie is jou nuwe album?
Ek dink enigiemand kan dit geniet, dit is lekker moderne Afrikaanse musiek. Ek sing oor universele temas waarmee volwassenes en selfs skoolkinders kan identifiseer.

Gaan jy toer met die album?
Ek gaan vir seker baie optredes doen. Vir besprekings kan mense info@coleskeartists.co.za kontak.  

  • Iona Kunneke

    Pragtige stem en liedjie! Sterkte Riana, hierdie album gaan ‘n groot sukses wees!!!

  • Rab3ks

    Sjoe! COOL vid

  • Henry Dom

    Pragtige album. Laat my aan Adele dink. Kom maak ‘n draai hier in Londen – daar is genoeg Suid-Afrikaners om ‘n teater vol te maak. Ek hou jou loopbaan met belangstelling dop. Henry Dom, van TV se Skooldae, Nommer Asseblief, ens.

  • kobus du plessis

    fantastiese song ,sy is my beste kunstenaar en gaan dit nog groot maak .alle voorspoed riana en blessings

  • Sonja

    Sy’s amazing!!! Beter as Adele. En sy’s van NAM! As sy London toe kom, is ek daar!

  • melissa thesner

    ek is mal oor riana nel, en wil graag die musiekvideo gekyk he op haar cd wat ek gekoop het en as ek dit opsit verskyn die musiekvideo nie soos hulle aangewys het op die cd nie. kan iemand my dalk se hoekom, tensy en verkeurt gelees het

    GROOT FAN!!!!!
    MELISSA
    mthesner@yahoo.com

    Thanx