ROCCO DE VILLIERS Apple 2015
Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Rocco de Villiers gesels oor sy nuwe album

Die bekroonde pianis Rocco de Villiers se nuutste album, Beautiful Beautiful Hymns, is vanaf Vrydag 4 September in die winkels beskikbaar. Dié album vol geestelike gesange is in Rocco se eiesoortige klavierstyl opgeneem. Hy gesels in ’n eksklusiewe video oor die spesiale album.

Rocco De Villiers Beautiful Beautiful Hymns 2015

Die klavier word vergesel deur ander instrumente soos doedelsakke, strykers, ’n kerkorrel en trompette.

“’n Samestelling soos dié op Beautiful Beautiful Hymns is veel meer as ’n geestelike album. Dit is ’n samestelling van lofprysing, vreugde, geloof deur musiek en ’n feesviering. Die melodieë het almal die toets van die tyd deurstaan en raak my persoonlik aan,” sê Rocco.

Dit is bekende gesange met ’n nuwe baadjie – maar met die eeue oue betekenis.

Hier is ’n lusmaker oor dié spesiale album:

Lees ook

_____________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER