Andries by een van die modelle wat sy klere dra. FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Eksklusief: SA ontwerper by New Yorkse Modeweek

Andries-Hendrik Potgieter het geskiedenis gemaak toe hy in die voetspore van ’n handjie vol Suid-Afrikaners gevolg het en sy klerereeks by die New Yorkse Modeweek bekend gestel het.

Andries was ook model op die loopplank toe sy reeks, Fleaq, vir die eerste keer by die Runway the Real Way-modeskou vertoon is. Die reeks is ontwerp onder leiding van die bekende ontwerper Wilma du Plessis.

Hy en die Afrikaanse sangeres Anais, ambassadeur vir Lifeline in Suid-Afrika, het boonop hier opgetree. Dit was die eerste keer dat Suid-Afrikaners by die geleentheid optree. Amerikaners was veral beïndruk met hul Afrikaanse lied “Dis net jy”, wat Anais geskryf het. Hul internasionale duet-album, Better, is ook tydens die geleentheid bekend gestel.

Andries-Hendrik Potgieter, ontwerper en sanger, saam met Anais by die modeskou in New York. FOTO: verskaf

Andries-Hendrik Potgieter, ontwerper en sanger, saam met SA sangeres Anais by die modeskou in New York. FOTO: verskaf

“Wat ’n voorreg om in New York raakgesien te word. Dit was ’n onbeskryflike gevoel om te sien hoe die internasionale modelle met my klere by een van die beste modeskoue op die loopplank verskyn,” het Andries gesê.

Andries is ook die ambassadeur vir Anais se eie Lifeline-projek, Be Your Dream, waarmee sy talle jongmense inspireer om hul drome te volg.

Andries by die modelle wat sy klere vertoon het by die New York modeweek. FOTO: verskaf

Andries by die modelle wat sy klere vertoon het by die New York modeweek. FOTO: verskaf

Lees meer, eksklusief in die Mei-uitgawe van SARIE.