• Lea Erasmus

    Ek het die liedjie Dinsdag oor Rippel gehoor – dis pragtig! Baie diep woorde wat mens laat sluk aan die knop in jou keel. "…toe ek verdwaal het, was jy my Noord…" is dit nie die mooiste woorde wat ‘n seun vir sy pa kan sê nie?
    Die liedjie is blykbaar vir sy seun, Sion, geskryf maar ek dink hy kan dit maar aan sy pa ook opdra!
    Goed gedoen, Bobby!

  • Christelle Enslin

    Dit is n wonderlike liedtjie toe ek hom gehoor het was dit net trane ek het terug flitse gekry met my seun se geboorte sy pappa se gesig ai kyk ek glo nie daar is nog n mooier liedtjie wat vir n seun gesing is nie you rock Bobby!

  • Ina Jessen

    Ag ek wens ook so om die liedjie voluit te hoor.. My seuntjie is nou amper 10maande oud en sy sussie is op pad. Dis die wonderlikste tyd in ons lewens. Ek bid so vir ander mense wat nie kan kinders kry nie, Want n groter en beter geskenk kan mens nie ontvang nie (dit was amper die geval by ons)! Maar danksy ons wonderlike Vader in die Hemel is ons geseën met 2 klein goed in ons lewens!! Geniet die nuwe kleinding! Hulle word ongelooflik baie vinnig groot! Neem soveel moontlik foto’s en bewaar dit vir altyd!

    Kan nie wag vir daai song nie!! Glo dit gaan een van die beste verkoper ooit wees!

    Baie geluk aan julle Bobby!! Groete en n soen vir daai kleinding!!

  • Jackie

    Ons was bevoorreg om sy liedtjie te hoor Saterdag 22 Oktober toe hy in Alberton opgetree het. Dit gaan een van sy groot treffers word. Bobby is vinnig oppad om een van ons land se grootste sterre te word en ek glo dis omdat hy die eer gee aan die een wat dit toekom – onse Hemelse Vader.

  • Annemarie Mynhardt

    Puik !!!! Kan nie wag om die CD te koop nie.

  • Louise

    Baie geluk met Sion – Kan ek met jou praat is awesome, hoop ons gaan hom hoor 5 November by Horison kan nie meer wag nie