Die manne van Romanz
FOTO: verskaf

Die manne van Romanz FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Romanz groet die musiekbedryf

Vanaand, 27 Februarie, is die mannekwartet Romanz se laaste optrede as groep. Die groep se vier lede wil nou op hul individuele loopbane en studies begin fokus.

André Venter, een van die groep se sterre, sal ook nie vanaand se optrede kan bywoon nie, aangesien dokters hom aangeraai het om vir drie maande nie te sing nie nadat hy oor pyn in sy ore gekla het.

“Dis ’n groot teleurstelling vir almal van ons,” het hy hieroor gesê en bygevoeg dat daar geen skandaal of negatiwiteit agter die groep se uittrede is nie. André, Adam Barnard, Burgerd Botha en Christopher Viljoen sê dié besluit is positief, eensgesind en weldeurdag.

Die manne van Romanz: André, Adam , Christopher en Burgerd FOTO: Twitter

Die manne van Romanz: André, Adam , Christopher en Burgerd
FOTO: Twitter

Ses jaar nadat die groep saam begin sing het, is daar ses topverkoper-albums agter hul naam. Hulle het ook saam met die internasionaal bekende sangeres Katherine Jenkins gesing en by dieselfde geleentheid as Andrea Bocelli opgetree. Daar was ook hul spesiale uitvoering by prins Albert en prinses Charlene van Monaco se spoggerige troue, ’n album wat in Brittanje vrygestel is.

“Dit was ’n absoluut onvergeetlike en geseënde ses jaar vir Romanz, met hoogtepunte wat ons beste verwagtinge oortref het,” sê die vier, wat veral dankbaar is vir diegene wat hulle getrou ondersteun het.

Die groep se laaste album, Lig jou stem op, verkoop ook tans baie goed. Dié album is glo goed op pad om ook goue status te bereik.

André, Adam, Burgerd en Christopher by die ikoniese sanger Rod Stewart FOTO: Twitter

André, Adam, Burgerd en Christopher by die ikoniese sanger Rod Stewart
FOTO: Twitter

André, Adam en Burgerd praat eerste met SARIE.com oor hul toekomsplanne: