FOTO:  Hannah van Foto Fractions

FOTO: Hannah van Foto Fractions

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Vallei van Sluiers se Jana Fischer se troue

Op die kassie speel sy Monique in Vallei van Sluiers, Jacques (Nico Panagio) se vrou wat nou begin om haar eie stem in dié TV-huwelik te ontwikkel. En in die regte lewe het Jana Fischer afgelope Saterdag in Johannesburg getrou. Hier is eksklusiewe foto’s van haar groot dag.

Die dag was dubbel-spesiaal. Nie net het Jana Saterdag, 24 Mei, haar verjaarsdag gevier nie, sy het ook met Stephan Niehaus op dié sonnige herfsdag getrou.

Die paartjie het by Morrells Boutique Venue in Northcliff getrou, wat volgens troufotograaf Hannah Leathem van Foto Fractions net so elegant en tydloos soos die bruid is. Daar was sowat 80 gaste by die middagtroue. Jana se lang rok van kant is spesiaal vir haar gemaak deur Griet de Villiers van die Paarl en dít het haar soos ’n handskoen gepas.

Jana se skoonheid lê net so diep binne haar hart soos dit opsigtiglik is vir die oog.

 – Hannah Leathem

FOTO:  Hannah van Foto Fractions

Jana se grimering is deur Jenny Sprawson gedoen en haar hare deur Henriëtte van Beloved Hair Salon FOTO: Hannah van Foto Fractions

“Stephan het met sy stil, sterk teenwoordigheid sy bruid elke oomblik ingedrink en die gaste laat skaterlag met sy toespraak ná Jana almal in trane gehad het toe sy die mikrofoon gevat het,” vertel Hannah.

Alle foto’s deur Hannah van Foto Fractions
hannah@fotofractions.com
http://www.fotofractions.com/
https://www.facebook.com/fotofractions

Naweek van troues

Dit was omtrent ’n bedrywige naweek. Pierre van Pletzen (7de Laan se Oubaas) se musikant-seun, Peach, het in die geheim getrou én Kim Kardashian en Kanye West het in Italië afgehaak. Kyk na hul troues deur op die skakels te klik.