strikdas
Het jy gehoor?

Eksklusiewe Strikdas-voorskou by Brooklyn Mall

Moenie die eksklusiewe Strikdas-voorskou by Brooklyn Mall in Pretoria misloop nie! Bespreek jou kaartjies by Ster-Kinekor en ontmoet dié fliek se akteurs op Donderdag 19 Maart om 20:00. 

As jy ook nie vir die amptelike bekendstelling van dié Afrikaanse komedie op Vrydag 3 April kan wag nie, dan is die voorskou van Strikdas – ’n familie gedoente net vir jou. Plus, jy kan skouers skuur met bekendes soos Kaz McFadden en Leandie du Randt.

Die fliek se regisseur, Stefan Nieuwoudt, het die volgende oor die fliek gesê: “Nes onvergeetlike komedies soos Meet the Parents en Meet the Fockers bring dié fliek mense van twee wêrelde bymekaar – ’n bedorwe prinsessie en ’n sensitiewe dromer … Met sy vars benadering ondersoek Strikdas die vraag of ware liefde werklik alle struikelblokke kan oorkom.”

Vir meer inligting, besoek die Ster-Kinekor webtuiste, volg @sterkinekor op twitter of skakel 0861 MOVIES (668 437).

Kyk hier na die lokprent  

Lees ook