sr1207cover_07f
Het jy gehoor?

Eksklusiewe voorsmakie van Janie se nuwe TV-program

En soms ook net die lewe se snaaksighede uitwys. Oor haar eie lewe wonder sy nie meer nie. Sy wil mou juis hoor wat ander mense sê – vir háár is hierdie geselsprogram ‘n sirkel wat wat voltooi word.

Genoeg van bang wees vir wat mense gaan sê, van wegsteek agter toe deure, van voorgee. Dit het borskanker gekos om Janie du Plessis tot dié besluit te bring. En dis die boodskap wat sy met haar nuwe geselsprogram wil uitdra.

Met Wat mense sê met Janie du Plessis wil sy Suid-Afrika aan die praat kry. Want praat maak skoon en heel. En hoe kan ons mekaar help as ons nie wéét nie? Janie, ons eie Oprah.

Oor haar geselsprogram …
“Ek het altyd gewonder hoekom die vuur vroeg in my persoonlike lewe so hoog gebrand het. En toe so vinnig weer uitgebrand het. Hoekom kanker oor my pad gekom het. Ek verstaan nou. Dis hoe die lewe jou voorberei vir die werk wat jy móét doen. My belangrikste werk lê nog voor. En ek kan nie wag nie.”  – Janie du Plessis

JY KAN SAAMGESELS
Wanneer? Van 17 Julie om 21:00 op kykNET.
Wat sê jy? Jy kan direk ná elke program op sarie.com, Facebook en Twitter saampraat oor die onderwerp wat Janie bespreek het.
Het jy ‘n storie? Deel jou verhaal op die gespreksforum “Wat mense sê” op sarie.com

Kyk hier na die promosie-video



  • Adelle van Antwerpen

    Hi Michelle, ek skryf uit Canada, Calgary. Ek is n expat al vir 15 jaar. Die plan was net om 2 jaar na Saudi Arabie te gaan en dan weer terug te gaan S.A toe en 15 jaar later sit ek in verre koue, ongelooflike mooi Calgary. My vraag wat die week net weer op my hart kom le het na n insident is hoekom mense ons blameer en altyd na ons verwys as die wat S.A verlaat en weg gehardloop het????

    Ons almal het keuses in die lewe baie van hierdie is vir ons kinders en hul toekoms maar wat ook al die rede dit maak nogals seer om altyd die ou selfde sinsnede aan te hoor. Wat die wat wel in ons land bly nie weet nie is dis nie altyd maan skyn en rose aan die ander kant van die draad nie. Menige van ons is sonder enige familie lede aan die kant. Ons gesin is n ma, pa en twee kinders en niemand anders in die bloedlyn nie. Die verlange is met tye baie groot en die afstand is baie ver sodat mens nie op n vliegtuig kan klim wanneer jy wil om te gaan kuier nie. As ek met vakansie in S.A is verkyk ek my na alles in die winkels en kan nie genoeg kry van my mense om my en om alles in te neem wat nuut in die winkels en orals om my is nie. Ek beskou dit na 15 jaar nog steeds as my moederland en is mal oor my mense en land. Ons is n nasie uniek aan sy eie en hier in die buiteland kom ek vir ons op en sal die battle vir my land fight vir die wat ons nie ken nie en na n storie luister en hulle eie gevolgtrekkinge maak.

    Ek mis om met my familie die mooi te deel en dit wat ons ervaar word oorgegee in fotos en briefies. Ja baie keer wonder ek het ek die regte besluit geneem om my kids weg te neem van hul dierbare oumas en oupas, niggies en nefies maar ja eendag sal hul die keuse he om terug te gaan of hier aan te bly. Dis n keuse wat mens maak en weg hardloop was nog nooit deel daarvan nie.

    Ek is mal oor die Sarie na 15 jaar hou dit my na aan my mense en hou my op hoogte wat orals aangaan en hou my in touch met mode, kos, mense en hul dinge.

    Om die hele dag die rooi taal te praat en saans by die huis te kom en in my eie taal te kan praat met my familie lede laat my net weer besef ek is en sal altyd in murg en been n Suid Afrikaner bly ver van ons mense en al. Hier verluister almal hulle aan ons as ons in die winkels afrikaans praat en probeer altyd raai van watter land ons kom. Ons werk hard is vriendelik en gee om vir ander al is dit nie my eie nasie nie. Ek werk met kinders in die dag en is die bevoorregte posisie om hulle van my land te leer te wys wie ons is.

    Ek weet dit is n opinie van een uit n duisend wat weg is maar ons almal het n keuse en moet happy wees waar jou keuses jou lei. Waar ek ook al my voetspore los op hierdie ou aarde van ons bly ek n Suid Afrikaner wat mal is oor wie ek is en waar ek vandaan kom in bloed en are.

    Verlangende groetnis uit die verte, maar dra ons mense in ons harte

  • Lillian

    Adelle,

    Ek moet in alle eerlikheid vir jou sê dat ek jou beny dat jy die besluit geneem het en die finansies gehad het om te verhuis na die vreemde. Ja, hierdie is steeds ons land van geboorte, ons mense, maar dinge verander daagliks, amper uurliks in ons land en nie noodwendig ten goede nie.

    As ek die geleentheid gehad het, sou ek dieselfde gedoen het, ja, vir my kinders, vir ‘n beter toekoms!

    Daar is mense hier wat julle uitkryt en slegsê, maar weet dit, dat daar ook dié is wat verstaan dat dit nie ‘n maklike besluit was nie, en julle nie oordeel nie.

    Geniet die daar in die verre, maak die beste van dit wat julle daar het, hetsy dit koue, onvriendelike mense ens. is, dit maak nie saak nie. Dit was julle besluit en wie is ek of enigiemand anders om julle te oordeel?

    Baie groete
    Lillian van den Berg
    Randburg, Gauteng

  • Santie.

    Dis doodgewone jaloesie. Hierdie mense wat ons expats so uitkryt as verraaiers, en veral reken dat ons geen (bekommerde en simpatieke!!) mening omtrent belangrike sake in ons geboorteland meer mag hê nie, is eintlik maar net suur.
    Hulle sal nooit verstaan dat ‘n mens NOOIT ten volle ingeburger kan wees in ‘n vreemde land nie, dat jy NOOIT heeltmeal gemaklik is met ‘n vreemde taal en kultuur nie, en dat jy jouself NOOIT heeltemal losmaak van SA nie. Ons almal het vriende en familie en alle soorte dierbares agtergelaat in SA oor wie se veiligheid en voorspoedige toekoms ons daagliks bekommerd is terwyl ons rustig mag slaap in veiliger vreemde lande.
    Ons bid daagliks koorsagtig vir julle veiligheid! Ons bid dat die regering wat ons pragtige land so aftakel tot ander, wyser insigte sal kom!
    As ons werk ons wegneem uit ons pragtige land, het ons nie weggehardloop nie! Ons het net beter moontlikhede gesien en dit aangegryp.

    Ek was verlede Saterdag by ‘n lekker saamkuier van ‘n groepie Suid Afrikaners wat mekaar by die kerk leer ken het hier in die dorpie waar ek woon in Belgie. Ons het ‘n koningsmaal van ‘n absolute luukse gehad: selfgemaakte boerewors, agterna "gespaarde" groenvye. Goud werd! Heerlik!
    Ek het opgemerk dat die geselskap bestaan het uit: ‘n regsgeleerde met ‘n Doktorsgraad, ‘n wetenskaplike wat verantwoordelik is vir die instandhouding van kernaanlegte in die hele Europa, ‘n Doktor-internis wat hier is omdat hy ‘n spesiale ondersoeks-tegniek ontwikkel het, en twee spesialis ingenieurs. Dis die soort mense wat nie meer in SA woon en werk nie, omdat hulle beter aanbiedinge gekry het in die buiteland. Die soort mense wat kla en beskuldig, is ongelukkig nie van die kaliber nie. Dis jou antwoord!