Karlien van Jaarsveld FOTO: Gerhard van Rooyen

Het jy gehoor?

EKSKLUSIEF: Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo

Haar treffer “Ek wil nie kwaad gaan slaap nie” het luisteraars gaande op die radiogolwe en nou kan jy dié lied se musiekvideo eerste op SARIE.com sien.

Dié musiekvideo is spesiaal, want dit bevat materiaal uit Karlien en haar man, Derick Hougaard, se troue verlede jaar. Derick maak met ander woorde ook ’n verskyning.

“Ons het my troue se video gebruik, want jy wil tog nie kwaad gaan slaap vir jou man of jou vrou nie,” verduidelik Karlien dié besluit. Sy vertel ook dat sy self aanklank vind by die lied, geskryf deur Johan Vorster, omdat dit so relevant is.

TROUFOTO’S van Karlien en Derick se groot dag

“Ek dink die lied is spesiaal, want al voel ons almal in ’n stadium so, is dit nie iets waaroor baie mense skryf nie,” vertel sy.

Sedert Karlien en Derick in Desember ouers van tweelingseuns, Eliah en Daniël, geword het, was sy nog nie weer in konsertuitvoerings nie. Sy beplan om van die einde van die maand af weer op te tree.

Só het Karlien haar figuur teruggekry

“Ek het nog nooit weggeslaap van albei op een slag nie,” vertel die sangeres. Sy sê sy sien glad nie uit na die vooruitsig om van haar twee seuns geskei te wees nie. “Maar ek sal seker met my ma of ons nagverpleegster reël om uit te help,” wei sy uit. Dit klink ook nie of sy te bekommerd is om die twee seuns alleen by Derick te los nie.

Kyk hier na Karlien se video vir Hande

“Derick is ’n baie goeie pappa, hy is so handig en hy help met alles, selfs om hulle te bad,” vertel Karlien, wat verlede jaar saam met haar broer, Bobby, in die fliek As jy sing gespeel het.

Moenie kwaad gaan slaap nie – só doen Karlien dit

  • Iemand moet sag wees en ingee – dis die moeilikste deel, maar dis ook die belangrikste.
  • Gaan vir ’n paar minute weg en bid vir krag.
  • As jy kalmeer het, kan jy teruggaan en die situasie uitsorteer

Kyk hier na die musiekvideo van “Ek wil nie kwaad gaan slaap nie”, wat op die CD Uitklophou beskikbaar is.