FOTO: Facebook   Elana Afrika-Bredenkamp

FOTO: Facebook Elana Afrika-Bredenkamp

Het jy gehoor?

Elana Afrika en Ian Bredenkamp deel foto’s van hul nuwe pienkvoet

Elana Afrika en Ian Bredenkamp het foto’s van hul nuwe pienkvoet met hul duisende volgelinge op sosiale media gedeel!

Die paartjie het hul aanhangers vir hul ondersteunende boodskappe en goeie wense bedank.

FOTO: Twitter  @@elanaafrika

FOTO: Twitter @elanaafrika

Elana en Ian se eersteling, Esther Beth, is Donderdagmiddag gebore. By geboorte het Esther ’n gesonde 2.97 kg geweeg.

Die trotse ma kon gister haar dogter huis toe neem. “Raai wie gaan vandag huis toe. Ons het hier aangekom as twee. Gelukkige Sondag almal,” het die onderskrif gelees.

Dit lyk nie of Ian genoeg van sy prinsessie kan kry nie: “Ek en my klein maatjie gaan terug bed toe. Moeg en gelukkig,” het die radio-omroeper Sondag getwiet.

FOTO Twitter @IanBredenkamp

FOTO Twitter @IanBredenkamp

Ons kan nog nie Esther Beth se gesiggie mooi sien nie, maar ons is seker sy gaan net so mooi soos haar ma wees!

Lees ook