Het jy gehoor?

Elana Meyer se foto’s uit Monaco

Hoe lekker was dit nie om oral die Suid-Afrikaanse invloede tydens die troue van Charlene Wittstock en Prins Albert se troue te beleef nie! Ons landsvlag het trots in die strate van Monaco gewapper en is selfs voor die Chapel de St. Devota, waar sy haar bruidsruiker neergelê het, met blomme uitgepak.

Van die protea-troukoek (sien foto onder), die bekende Miriam Makeba-treffer, The Click Song, in die binneplein van die paleis en die seën in Afrikaans! En natuurlik Romanz wat hul treffer, My Hele Hart, gesing het by die onthaal.

Die Suid-Afrikaanse gaste het hul volgelinge op Twitter ingelig gehou deur gereeld oor die opwinding en verrigting te twiet. Ryk Neethling, Elana Meyer, Roland Schoeman en Francois Pienaar het heerlik troue gehou saam met ander bekendes soos topmodel Naomi Campbell, Sir Roger Moore van 007-faam en Chanel-ontwerper Karl Lagerfeld.

Die pasgetroude paartjie sal vandeesweek in Suid-Afrika aankom, waar hulle op 7 Julie in Durban by The Oyster Box Hotel ‘n geleentheid vir 200 spesiale gaste sal hou. Op die gastelys is Hertog Henri van Luxemburg, kroonprins Frederik van Denemarke, prinses Anne van Engeland en FIFA-grootbaas Sepp Blatter, berig Timeslive.co.za.

* Elana is geklee deur Hendrik Vermeulen Couturier en ons dink jy’t pragtig gelyk, Elana!

Elana en Jacques in die binneplein van die Pienk Paleis.


ELANA WYS HAAR FOTO’S – gaan na die foto-galery hieronder:

Charlene geniet haarself by haar onthaal.
Dit lyk darem of Charlene haar partytjie baie geniet het.
Prins Albert maak sy toespraak tydens die onthaal.  

Prins Albert maak sy toespraak waarin hy Suid-Afrika bedank het.

 

VIDEO’S

* Die burgerlike seremonie wat Vrydag 1 Julie 2011 plaasgevind het

Video van die godsdienstige seremonie 2 Julie 2011

  • Betsie

    Sy is absoluut prentjie mooi!!!!