FOTO: Instagram elizabethhurley1

FOTO: Instagram elizabethhurley1

Het jy gehoor?

Is Elizabeth Hurley en Shane Warne weer saam?

Die aktrise Elizabeth Hurley en haar voormalige verloofde, die Australiese krieketlegende Shane Warne, het skindertonge aan die gons ná hulle die afgelope naweek saam gekuier het, berig Hello!.

Liz en haar mede-akteurs in The Royals (’n TV-reeks waarin sy die koningin van Engeland speel), het ’n krieketwedstryd in Amerika waaraan Shane deelgeneem het, bygewoon.

Ná die ontmoeting het Shane die volgende op Instagram gedeel:

Lovely seeing this gorgeous girl @elizabethhurley1 at game 3 of the #cricketallstars in LA !!!!!

A photo posted by Shane Warne (@shanewarne23) on

Elizabeth het op haar beurt die volgende getwiet:

Die tweede seisoen van The Royals het pas in Amerika begin wys.

Shane is in Amerika vir die Twenty20-wedstryde in die Cricket All Stars-reeks wat hy en die Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar begin het.

Dink jy Shane en Elizabeth is weer ‘n paartjie?

  • Ja
  • Nee

Lees ook