elizabeth_hurley_006_1024x768
Het jy gehoor?

SARIE ontmoet Liz Hurley en dink sy’s pragtig!

Elizabeth (en haar kêrel, die Australiese oud-krieketlegende Shane Warne!) is in Suid-Afrika om Estée Lauder te help met die bewusmakingsveldtog rondom borskanker.

“Ons kon nie glo hoe pragtig Elizabeth is nie. Sy is 46 en haar vel en lyf is perfek. Almal het oor haar mooi geoefende bo-arms gepraat! Sy lyk 38, nie 46 nie. Ek wens ek kon haar vra hoe sy dit regkry!” het Mariska gesê.

Elizabeth is die ambassadeur van dié borskanker-veldtog en het die middag voor die bal met uitsoek-media gesels oor hoe om bewustheid rondom hierdie veldtog te skep.

Tydens die bal moes gaste tafels koop en die wins van die aand word aan die Look Good Feel Better-veldtog wat vroue met kanker bystaan, geskenk. Elizabeth was die spreker.

 

Lees meer in die Oktober-uitgawe van SARIE wat vanaf 12 September 2011 op straat is.

  • Elzabe

    Wel, sy doen haar veldtog gestand: LOOK GOOD….. en nog meer

  • Pippa Alcock

    Stunning! Love the gloves;)