liz_taylor
Het jy gehoor?

Elizabeth Taylor/Richard Burton-liefdesverhaal ‘n fliek?

Dit sal altyd bekend staan as een van Hollywood se grootste liefdes. Silwerdoek-legendes Elizabeth Taylor en Richard Burton het op die stel van die fliek Cleopatra (1963) ontmoet en verlief geraak. Die verhouding was om die minste te sê, passievol! Hulle is twee keer getroud én twee keer geskei!

Luidens berigte beplan Paramount Pictures om dié projek te skoei op Sam Kashner en Nancy Schoenberger se boek Furious Love. Die Walliese akteur Martin Sheen word as moontlike keuse vir die rol van Richard Burton genoem en Angelina Jolie is die vervaardigers se eerste keuse vir die rol van die Brits/Amerikaanse Elizabeth.