ons_sing_kenny_dolly
Het jy gehoor?

Elizma en Ray skiet nuwe video, huldig Kenny Rodgers en Dolly Parton

Oor ‘n week of twee kan jy jou maar regkry vir ‘n splinternuwe Country-album vir jou CD-rak. Ons sing Kenny & Dolly is ‘n album waarop van ons land se Afrikaanse sanger die twee Country-legendes huldig. Ray Dylan, Elizma Theron, Sarah Theron en Die Campbells is van die kunstenaars op die album.

Ray en Elizma het ook pas die video van die immergroentreffer ”Island in a Stream” verfilm.

“Ek en Ray sing hoofsaaklik op die album, maar daar’s ‘n paar ander kunstenaars ook betrokke,” sê Elizma.

“Dis ‘n re-enactment van die oorspronklike liedjie. Omdat dit so ‘n bekende song is, het ons nie ‘n nuwe storielyn daarom gebou nie. Ons het dit gister in die Alexander Teater in Johannesburg verfilm.”

En hoe is dit om saam met Ray te werk?

“Baie lekker. Hy’s gek oor Country-musiek, en ek ook! So ons het baie gemeen. Dis altyd ‘n voorreg om saam met hom te werk.”

  • http://awndinnpgalr.com/ vdrfgnn

    Ev9SH9 gcjllxhmvczp, [url=http://zapgnxvwjvee.com/]zapgnxvwjvee[/url], [link=http://iiujcnzrsgad.com/]iiujcnzrsgad[/link], http://zifhkraegewx.com/

  • feljdcvts

    kO6FNo omtynffxpbtj, [url=http://egjjgseqjunx.com/]egjjgseqjunx[/url], [link=http://jwgiqishtibh.com/]jwgiqishtibh[/link], http://zzlxqembglqh.com/