elizma theron
Het jy gehoor?

Elizma Theron verwag ’n seuntjie

Die Afrikaanse sangeres Elizma Theron het vanoggend op haar Facebook-blad die geslag van haar tweede baba met dié video bekend gemaak.

Sy het daarby geskryf dat haar eersteling, Eli-zé, in die video wys of sy ’n boetie of sussie gaan kry. Die gelukwensings het ingestroom op Elizma se Facebook-blad.

Eli-zé het al haar maatjies om n tafel gekry om met hulle en ook julle te deel……of sy n sussie of boetie kry :)

Posted by Elizma Theron on Sunday, October 18, 2015

 

Elizma en haar man, Nico Grobbelaar, is in 2012 getroud en Eli-Zé is op 20 Februarie 2014 gebore.

Lees ook