FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Elizma Theron verwag ‘n …

Dié country-koningin en haar Kalahari-prins is in November 2012 op ‘n wildsplaas naby Kuruman getroud. Tóé al het hulle gesê dat hulle nie te lank wil wag voordat hulle met ‘n gesin begin nie. Elizma het onlangs die groot aankondiging gemaak: Sy is swanger! Hier is wat sy op haar facebook-blad vir al haar aanhangers geskryf het:

Hi almal!!!! Ek dink vandag is n goeie dag om bietjie nuus met julle te deel  …. ons wou dit net vir ‘n rukkie eers stil hou….. alhoewel dit vir my baie moeilik was om dit nie met julle almal te deel nie. Ek en Nico het so bietjie meer as 3 weke terug uitgevind ons gaan mamma en pappa word. Ons is baie opgewonde en kan nie vir Liewe Jesus genoeg dankie se vir hierdie groot blessing nie. Hoop julle is saam met ons bly en opgewonde!!!! (24 Julie 2012)

Dié opgewonde ouers was vanoggend by die dokter en het uitgevind watter geslag hulle bondeltjie vreugde is:

“Was pas by die dokter!!!!!! :))) ….Ons kry n PRINSES!!!!! Ons is baie opgewonde….SY skop en draai en spring lekker rond. Nou kan ons baba kamer begin verf en klere koop….. Dankie Liewe Jesus!!!!” het sy op haar facebook-blad laat weet.

Baie geluk julle!

Baba

Foto: Elizma en haar man, Nico, se baba op 12 weke.