Het jy gehoor?

Elle Fanning en ander sterre skiet fliek in die Kalahari

Jack Paltrow (Gwyneth Paltrow se broer) het Young Ones geskryf en behartig die regie daarvan. Dié film speel af in die nabye toekoms in ’n gewelddadige tyd waarin water die mees skaarste hulpbron is. ’n Tienerseun is besig om te rou oor die dood van sy pa, wanneer hy agterkom dat sy pa se moordenaar saam met sy suster ingetrek het, berig Collider.

Dié futuristiese wetenskapfiksie-flim is Jack se tweede film. Die eerste is was The Good Night (2008) waarin sy bekende suster die hoofrol vertolk het.    

Die hoofakteurs in die film is almal jonk en op die punt om groot name in Hollywood te word.

Elle FanningNicholas Hoult

Elle Fanning (foto links), Dakota Fanning se jonger sussie speel ook in die film. Buiten vir haar bekende sussie, het sy reeds haar eie naam in die filmbedryf gemaak. Sy het reeds in groot films soos I Am Sam, Daddy Day Care, Babel, The Curious Case of Benjamin Button, Super 8 en We Bought a Zoo gespeel.

Nicholas Hoult (foto regs), die seuntjie wat ons harte in About a Boy gesteel het, is ook in Young Ones te sien. Hy het intussen in X-Men: First Class en die zombie-romantiese komedie, Warm Bodies gespeel. Hy speel ook Jack in die Hollywood-weergawe van die Jan en die boontjierank-fabel, Jack the Giant Slayer. Hy het ook saam met Charlize Theron in Mad Max: Fury Road gespeel.

Kodi Smit-McPhee

Die 16-jarige Kodi Smit-McPhee is die ster van dié film. Hy was die jong seun in The Road teenoor Viggo Mortensen (Lord of the Rings) en het in die vampier-drama Let Me In gespeel. Hy was ook die stem van Norman in die tekenprent ParaNorman. Volgens kenners is dié tiener ’n akteur om dop te hou in die toekoms.

Die Suid-Afrikaner Diana Cilliers is die kostuumontwerper. Sy het al gewerk aan films soos Disgrace, District 9, Proteus, King Solomon’s Mines en Scorpion King.

Ander films wat in Suid-Afrika geskiet is, is Blood Diamond, District 9, Dredd, Free Willy: Escape from Pirate’s Cove, Home Alone 4, Invictus, Mad Max: Fury Road en Safe House.