FOTO: Youtube ITV

FOTO: Youtube ITV

Het jy gehoor?

Ellie Goulding tree in 30 meter rok op

Ellie Goulding het seker gemaak sy staan uit tussen die Britse koninklikes by die Royal Variety Performance in London Maandagaand (8 Desember). Só berig Hello. Sy het in ’n balrok, wat uit 180 vierkante meter materiaal gemaak is, opgetree.

3 mense, 5 dae, 180 vierkante meter materiaal.

Dis wat nodig was om die nagtegaal Ellie Goulding se rok te maak vir haar optrede as deel van die Royal Variety Performance in London drie weke gelede. Die vertoning is Maandagaand 8 Desember op Britse TV uitgesaai.

FOTO: Youtube ITV

FOTO: Youtube ITV

Ellie is in die lug opgehys terwyl vier mense onder haar die rok laat beweeg het.

A photo posted by elliegoulding (@elliegoulding) on

Dié ster, met haar rok met ’n omvang van 33 meter, het die verhoog met onder andere Demi Lavato, One Direction, Ed Sheeran, en ook ons eie Ladysmith Black Mambazo gedeel.

Ellie is ook Kate en William se gunsteling. Sy het by dié koninglike egpaar se onthaal van hul troue in 2011 opgetree.

As jy kaartjies vir 2015 se vertoning in die hande wil kry kan jy solank hier aansoek doen daarvoor. Al die winste gaan aan die liefdadigheidsorganisasie Entertainment Artistes’ Benevolent Fund geskenk.

Hier is ’n video van Elle se vertoning: