1372797552_elle_macpherson_harpers_bazaar_australia_august_cover_467
Het jy gehoor?

Elle “The Body” Macpherson lyk fantasties op 49

Die geskiedenis herhaal homself – en as jy Elle Macpherson is, herhaal dit op ‘n pragtige manier. Die beeldskone 49-jarige wat oor 8 maande 50 word, het haar ikoniese Playboy-voorblad herskep vir die Australiese Harper’s Bazaar. Soos die Playboy-voorblad van 1994 toe sy 30 was, is sy bostukloos en het slegs swart sykouse aan.

Is Heidi Klum verloof aan ‘n Suid-Afrikaner?

Sy lyk asemrowend met minimale grimering en krul hare met haar arms en bene wat strategies gekruis is. Die fotograaf is een van Elle se eks-kêrels, Bryan Adams, wat ook ‘n sanger is. Elle, wat twee kinders saam met Arpad Busson het, is nou verloof aan die biljoenêr eiendomsontwikkelaar Jeff Soffer.

Grimeer só in 10 stappe vir ‘n natuurlike voorkoms.

Die 1994 Playboy-voorblad:

Elle MacPherson

Daar is min dinge soos ‘n goeie paar sykouse om jou vroulik te laat voel. Kry jou paar in die SARIE-winkel:

Sykouse