FOTO: ABC / Andrew Eccles

FOTO: ABC / Andrew Eccles

Het jy gehoor?

Ellen begin “volgende fase” in haar lewe

Ellen DeGeneres meen sy betree nou ’n “volgende fase” met die bekendstelling van haar eie leefstylprodukte, skryf WWD. Lees die volledige artikel hier.

Ellen, wat eers bekendheid verwerf het as aktrise voordat haar geselsprogram, The Ellen DeGeneres Show, haar superster-status gegee het, betree nou ook die wêreld van leefstylprodukte met haar eie reeks, E.D.

“Ek sou dié nie gedoen het as ek nie wou hê dit moet die grootste handelsnaam wees wat jy jou kan indink nie,” het Ellen, wat vanjaar die Oscars aangebied het, aan WWD vertel. E.D., uitgespreek as “Ed”, word amptelik eers ná volgende Februarie bekend gestel, maar Ellen gaan in September en Oktober ’n mini-reeks vir die feesseisoen begin verkoop.

Dié reeks bestaan uit ’n verskeidenheid produkte vir jou huis – van breekware en interessante kerse tot kussings en komberse vir jou bed. Ellen wil selfs ornamente en geskenkpapier vir die feesseisoen maak! Die mini-reeks sluit ook ’n stel slaapklere en pantoffels in.

Ellen se E.D.-produkte sal aanlyn verkoop word.

Teen die finale bekendstelling in 2015 sal daar ’n huis- en tuinreeks, klere vir mans én vroue, bykomstighede soos sonbrille, skoene en horlosies én oulikhede vir jou troeteldiere wees.

Sy koop glo al vir jare huise wat sy dan self meubileer, versier en laat opknap voordat sy dit weer teen ’n wins verkoop. Dis duidelik dat huismaak een van Ellen se groot passies is.

Bronne: WWD & Vanity Fair

Nóg op SARIE.com – hierdie sterre is óók entrepreneurs

WAT DINK JY? SAL JY E.D. SE PRODUKTE KOOP? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.