Het jy gehoor?

Ellen Degeneres uit American Idol… en wie gaan op Simon se stoel sit?

Vir dae gons dit al op die web oor wie Simon Cowell se sitplek in die nuwe seisoen van American Idol gaan inneem. En nou het bekende geselsprogram-aanbieder Ellen DeGeneres ook besluit om haar aan die American Idol-kompetisie te onttrek, ná sy vir die 9de seisoen vir Paula Abdul as beoordelaar vervang het. Só berig People.com

“Ek het al ‘n paar maande gelede vir FOX en die vervaardigers laat weet dat dit nie heeltemal my ding is nie. Dis ‘n baie moeilike besluit, maar my werkskedule is ook besiger as wat ek beplan het. Ek’s mal oor jong talent, en dit was soms vir my moeilik om mense te beoordeel en hul gevoelens seer te maak. Ek’s ‘n groot aanhanger van die reeks, en sal altyd wees,” het Ellen in ‘n verklaring gesê.

Nou loop die storie dat Jennifer Lopez DeGeneres se plek gaan inneem…

Wie gaan die volgende Simon wees?

Die skinder is dat dit tussen Sir Elton John, Justin Timberlake en Jessica Simpson is… Wat sê jy?

Elton John Justin Timberlake Jessica Simpson