emoji

FOTO Instagram / @theellenshow

Het jy gehoor?

Ellen Emoji’s & nuwe musiek van Bowie! #SloerIdee

Ja, dis weer die tyd van die jaar dat werksdae al hoe langer voel en jou gedagtes begin wegdryf na die Desembervakansie en laatslaap-oggende. Hier is twee voorstelle om jou deur die week en lang dae te kry.

Ons idee van sloer en om onsself met allerhande ander dinge besig te hou is gewoonlik snaakse emoji’s wat heen en weer op groepe gestuur word. Saam met goeie musiek in die ore, natuurlik!

Ellen Degeneres se Emoji Exploji

As jy mal is oor bekendes wat hul eie emoji’s bekend stel, het jy seker reeds Ellen se emoji’s op jou slimfoon. Sy het aan die einde van Augustus haar eie reeks bekend gestel nadat bekendes soos Justin Bieber, Wiz Khalifa, Kim Kardashian en Charlie Sheen met hul reekse vol gesiggies en gevoelens begin het.

 

emoji

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

David Bowie se nuwe musiek

David Bowie se musiekbyspel Lazarus begin vanaand in Londen. Die laaste keer dat David in die publiek gesien was, was vir die opening van Lazarus in New York in Desember 2015.

FOTO Instagram (@davidbowie)

FOTO Instagram / @davidbowie

David en die dramaturg Edna Walsh het saamgewerk aan hierdie musiekblyspel wat gebaseer is op Walter Tevis se boek The Man Who Fell to Earth. David het die hoofrol in die filmweergawe van die boek gespeel.

’n Nuwe album van Bowie is bekend gestel met 3 liedjies wat nog nie voorheen gehoor is nie, “No Plan“, “When I Met You” en “Killing A Little Time“. Op die Lazarus-album word hierdie 3 liedjies deur die Lazarus-geselskap gesing, maar op die tweede CD sing David self die liedjies.

Jy kan die album onder meer op iTunes koop!

O, en het jy gehoor daar is nog ’n verlore David Bowie-liedjie gevind? Mirror het gister hierdie nuus gebreek. Ons sal maar in spanning moet wag om te sien of hierdie liedjie ooit uitgereik gaan word.

BRONNE: The Telegraph, Daily Mail, The New York Times, Billboard

Lees nou

#9tot5: Leer op LinkedIn – dié week gratis!

Hierdie apps kan jou help met jou werk!

Dié apps lewer vir jou enigiets af!