Michelle Obama
Het jy gehoor?

Ellen en Beyoncé neem deel aan Michelle Obama se fiksheidsuitdaging

Talle bekendes ondersteun die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, se fiksheidsuitdaging, berig ElleUK. Ellen DeGeneresBeyoncéHugh Jackman én Nick Jonas het hul #GimmeFive-video’s op sosiale media gedeel.

Dié video’s is deel van Michelle se projek om mense aan te spoor om te oefen. Hier word jy aangemoedig om jou top-vyf oefeninge met ander te deel.

Michelle en Ellen wys dat dans nie net pret is nie, maar ook goeie oefening.

Almal weet dat Beyoncé kan dans, maar kyk na haar top-5 oefeninge.

Celebrating the 5th anniversary of Let’s Move! #GimmeFive @michelleobama

A video posted by Beyoncé (@beyonce) on

Die X-Men-akteur Hugh Jackman gebruik gewigte om sy been-oefeninge ’n ekstra hupstoot te gee.  

As dit nie indrukwekkend is nie, kyk hoe Nick Jonas (van die Jonas Brothers-faam) slegs een arm vir sy opstote gebruik.

Dit is die vyfde herdenking van Michelle se Let’s Move-veldtog.

Bron: ElleUK

Lees ook