FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Elma Postma in nuwe Superheld-fliek – foto’s agter die skerms


In ‘n land waar misdaad so algemeen is soos koeksisters by ‘n kerkbasaar… In ‘n land waar euwel heers, en helde net in Hollywood-flieks bestaan… In ‘n land waar mense nie meer opstaan vir wat hulle in glo nie… Het ons almal al gewens ons het Superkragte!
 

Albert (gespeel deur Ivan) en Peet (gespeel deur Neil Sharim), twee wannabe superhelde, sukkel al van skooldae af om in te pas. Dimensie Komieks, die een plek waar hulle tuis voel, is diep in die skuld – R100 000 diep om presies te wees. Asof dit nie erg genoeg is nie, word Dimensie deur niemand anders as hulle aardsvyand van skool, die Lex Luthor kloon, JJ van Tonder (Andrew Thompson), bedreig.

Superhelde is ‘n storie van waarheid, liefde en ontdekking… Dit sal in April 2011 by die flieks wys.

Storie deur Ivan Botha
Draaiboek deur Ivan Botha & Andrew Thompson
Vervaardig deur Danie Bester
Regie deur Stefan Nieuwoudt

Sluit aan by Superhelde se Facebook-groep

Kyk net vir Elma

 
   

Agter die skerms by Superhelde

 
  • ruby

    ek kyk liewer na ‘n toespraak van Julius Malema voor ek na ‘n fliek gaan kyk waarin sy speel!!!

  • Leigh

    Suid-Afrikaanse akteurs sal dit nooit in Amerika maak nie. Charlize Theron is die uitsondering op die reël. Ek het Elma nou onlangs in ‘n Mall gesien niemand het haar erken of gevra vir haar handtekening nie. Nee wat die fliek klink simpel en platvloers…

  • Dirk Barnard

    Ek dink ruby het net suur druiwe!! Elma is tops en klaar.

  • Kate

    Ek dink ons akteurs geniet hul lewe of hul nou vir handtekeninge gevra word of nie. Want ten minste is hul nie soos meeste oorsee se akteurs waar dit net gaan oor geld geld en nog geld nie, maak nie saak oor hoe sleg die rolprent is nie. Hier in Suid Afrika maak hul goeie rolprente want dit gaan oor kwaliteit, pret en familie eerder as oor geld. Go Suid Afrikaanse Akteurs!! PS Elma ek dink jy is regtig ‘n fantastiese persoon.

  • snow

    dit klink net platfloers regtig. ons het dan nie eens n basis van superhelde waarvan ons stories kan bou. wie will my help(iemand wat kan skets) om n comic te begin?

  • Andrea

    Leigh,dalk is die mense in die mall al gewoond aan Elma, want sy moet nes alle gewone mense ook kos, klere ens. erens in n winkel gaan koop. Klink regtig of jy en Ruby suur druiwe het. Hoekom word julle nie akteurs nie? Julle gaan dalk agterkom dis nie so maklik om n bekende in die openbare oog te wees nie. Of dalk voel julle maar net sleg as julle in die oggend in julle eie suur gesigte vaskyk. Probeer meer verdraagsaam wees teenoor ander dan geniet julle dalk die lewe en flieks meer.

  • Iemand

    Elma, ek dink jy is ‘n uitstekende persoon en moet asb weer terug kom na 7de laan, ons kykers mis jou noggals daar, is nie meer dieselfde sonder jou nie, ek gaan beslus die fliek kyk dit klink oulik en regtig pret vir my gesin, moet jou asb nie steur aan almal se negatiewe praatjies nie, hulle is net jaloers oor wat jy in die lewe bereik. You go girl!!!!

  • http://mxuskhsolojw.com/ gvxrlovn

    tUtOya wdgkggvswyjs, [url=http://xlziyduwwkjj.com/]xlziyduwwkjj[/url], [link=http://ubqookmyasxj.com/]ubqookmyasxj[/link], http://hupuqnrzjnqz.com/

  • Claudia Daniels

    Ja wat Ruby, Elma en di ander akteurs speel platvloers in di movie en hulle is puik.
    Kom aan ‘n toespraak van Julius hy is plat vloers. Wat se dit van jou.