Het jy gehoor?

Elton John en Liz Hurley koop in Kaapstad

Die winkel is vroeg vandeesmaand vir ’n uur of wat gesluit sodat hy en sy lewensmaat, David Furnish, sowel as sy goeie vriendin, Elizabeth Hurley (met wie Michélle van Breda van SARIE laas jaar ’n onderhoud in Londen gevoer het) en haar man, Arun Nayar, na hartelus kon kyk en koop.

’n 150 jaar oue klavier het dadelik Sir Elton se aandag getrek en hy het entoesiasties agter die klawers ingeskuif – en almal het glo jolig saamgesing. En tóé word die tjekboek oopgemaak vir sy wonings letterlik oor die wereld heen, en vir sy vriende, vir wie hy rojaal geskenke gekoop het.

Selfs Liz het nie op haar laat wag nie en ge-shop. Volgens haar man, wat self van Indië kom, het hy nog nie eens in sy eie land sulke “fabulous pieces” gesien nie.