FOTO Phyllis Green

Het jy gehoor?

Elvis Blue binnekort saam met James Blunt op verhoog

“Ek het al vir jare liedjies en CD’s aan Big Concerts gestuur en hulle gevra om my te oorweeg wanneer daar internasionale groepe na SA toe kom. En dié keer het hulle my gekies!” vertel hy oorstelp op pad na ’n vergadering.

Op die vraag of hy opgewonde is, gee hy ’n laggie en sê: “’n Jaar gelede het ek alleen in my sitkamer gesit met my kitaar en ’n pen en liedjies geskryf, nou gaan ek oor ’n maand saam met James Blunt optree. Opgewonde is ’n understatement!”

James Blunt is veral bekend vir liedjies soos You’re Beautiful, 1973 en Goodbye My Lover.

[box:full:grey:both]

HIER IS DIE TOERPROGRAM:

Durban:

24 Augustus – ICC Durban Arena

Johannesburg:
26 Augustus –  Coca-Cola Dome Johannesburg

Port Elizabeth:
28 Augustus – Vodacom NMMU Binnenshuise Arena

Kaapstad:
30 Augustus – Grand West Arena

[/box]

Kaartjies beskikbaar by Computicket

  • Karen

    Ek gaan na die James Blunt konsert toe en vandat ek gehoor het Elvis Blue gaan eers optree is ek so excited ek kan my lag nie hou nie!