Het jy gehoor?

Nuwe musiekvideo vir Elvis Blue, die Idol met ’n hart van goud

Elvis is inspirerend, gaaf en ongelooflik vriendelik. Hy groet almal met soveel deernis en poseer vir foto’s saam met sy aanhangers asof dit vir hom ‘n eer is.

Hy glo Idols het op die regte tyd oor sy pad gekom. “Ek is nie spyt dat ek nie voorheen deelgeneem het nie, want die tyd was perfek toe ek dit wel gedoen het,” vertel hy.

“Ek het begin vrede maak met die idee dat ek nooit bekend gaan wees nie, en ek het aanvaar dat ek kinders gaan leer kitaar speel . . . ek moes eers by daardie punt kom sodat ek die roem wat ek nou smaak ten volle kan waardeer.

Idols het nie net beteken dat ek bekend geword het nie, maar ook dat my lewe heeltemal rondgeskommel word. Ek en my vrou moes na Johannesburg verhuis, omdat George net te ver is van alles af. Dis moeilik om so baie te reis én tyd saam met my familie deur te bring, so dit was ‘n praktiese skuif vir ons.”

Elvis se musiekloopbaan het eintlik in Skotland begin waar hy as straatmusikant opgetree het. Toe hy terug op eie bodem vir sy ouers sê hy wil musiek gaan swot, was hulle nie verbaas nie – sy ma is ‘n klavier-onderwyseres en musiek was sy lewe lank prominent in hul huis.

Oor die rassistiese ondertoon tydens en veral ná afloop van Idols sê hy net hy wou dit eers nie glo nie, maar het later besef dat daar wel waarheid in die stories is. Hy en die res van die deelnemers het egter glad nie probleme met mekaar gehad nie, en hy en Lloyd is steeds goeie vriende.

Die laaste vier maande nadat hy as die wenner aangekondig is, het sy hele lewe verander. Maar die man straal van geluk. Hy doen wat hy doen en hy doen dit met oorgawe.

 

  • rtlntaai

    yMvjHQ snllzpfmambq, [url=http://jpbxwxhqybmk.com/]jpbxwxhqybmk[/url], [link=http://nyxckilwygwp.com/]nyxckilwygwp[/link], http://rqcyvzwktkcy.com/