Elvis Blue se Jua verjaar 3
Het jy gehoor?

Elvis Blue se Jua skielik siek ná haar verjaardagpartytjie

Elvis Blue vertel hoe sy jongste dogter, Jua, onlangs skielik moes hospitaal toe ná haar eerste verjaardagpartytjie.

Die dag het heel lekker begin. Jua (nou 1 jaar oud) was die oggend effens verkoue, maar daar was nie genoeg rede om dié langverwagte partytjie af te stel nie. Veral nie as daar sulke lekker kolwyntjies op die tafel is nie!

Elvis Blue se Jua verjaar  5

Volgens Elvis was die dag “heerlik”. Hy vertel: “Daar was ’n springkasteel vir die ouer kinders, sonskyn vir die grootmense en baie lekkers vir almal.”

Jua het haar gate uit geniet. “Sy het die meeste van die tyd aan een Fizzer gekou,” sê Elvis.

Eers nadat al die gaste huis toe is, het Elvis en sy vrou, Chireze, besef dat Jua eintlik baie sieker is as wat hulle gedink het. Dit was natuurlik ’n Saterdag en die dokter se spreekkamers was toe, so Jua moes hospitaal toe geneem word.

“Sy het ’n verskriklike brongitis gehad,” vertel hy, en is sommer dadelik op ’n kursus antibiotika gesit. Ma en Pa was dalk baie bekommerd, maar Jua het eintlik al hierdie ekstra aandag geniet!

Hier is ’n paar foto’s van Jua se partytjie.

Elvis Blue se Jua verjaar 3

Lila Hoogendyk (Jua se ouer sussie)

Lila Hoogendyk (Jua se ouer sussie)

Elvis Blue

Elvis Blue

Elvis Blue se Jua verjaar  6 Elvis Blue se Jua verjaar  7

Chireze met Jua

Chireze met ’n siekerige Jua

Nóg oor Elvis Blue