Elivis Blue
Het jy gehoor?

Elvis Blue se nuwe musiekvideo: “Êrens in die middel van nêrens”

Die gewilde Afrikaanse sanger Elvis Blue se nuutste album, Êrens in die middel van nêrens, het reeds goue status bereik. Die titelsnit (met dieselfde naam) se musiekvideo is vanoggend bekend gestel.

“Êrens in die middel van nêrens” is grotendeels op die eiland Sumba in Indonesië geskiet en sluit tonele in wat Elvis se branderplankvernuf wys.

Die album, wat nou in die winkels asook op iTunes beskikbaar is, word as lekker-luister-musiek beskryf.

Ons gesels met Elvis in die Januarie 2016-uitgawe oor die storie agter die musiekvideo en ons deel eksklusiewe foto’s op die eiland toe hulle dié video geskiet het.

Kyk hier na “Êrens in die middel van nêrens”:

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!