img_7306
Het jy gehoor?

Elvis Blue se ouer suster Mev. Verenigde Nasies

“Ek wil net sê hoe trots ek op my ousus is. Sy is gisteraand in ‘n internasionale kompetisie as Mev. Verenigde Nasies in Jamaika gekroon. Sy’t nie net gewen omdat sy beeldskoon is nie, maar veral vir die ongelooflike filantropiese werk wat sy doen. Welgedaan, Kona! So trots op jou,” het Elvis op sy Facebook-blad laat weet.

Mev. Verenigde Nasies is nie net nog ‘n skoonheidskompetisie nie, maar fokus veral op “regte” vroue en hul passie vir die mense om hulle. Finaliste word beoordeel op grond van hul filantropiese werk en die verskil wat hulle daagliks in die gemeenskap maak.

Kona, ‘n ma van twee, was in 2006 nog ‘n senior sake-analis in die bankwese. Sy was selfs toe al betrokke by gemeenskaps- en liefdadigheidsorganisasies waar sy in haar vrye tyd gemeenskapswerk gedoen het. Daarna het sy die raadsaal verlaat om met ‘n gesin te begin.

Dis in hierdie tyd dat sy by Rays of Hope begin werk het. Sedertdien het sy die projekbestuurder van hul projek Child Headed Households geword. Die projek fokus op hulp aan weeskinders in gesinne waarvan ‘n kind die hoof is nadat die ouers of versorgers weens vigs gesterf het. Teen Desember verlede jaar was sowat 30 gesinne, onder wie 100 weerlose kinders, deel van die projek om ‘n beter toekoms vir die kinders te bied. (Bron: www.artslink.co.za)

Kona en Elvis by die Elvis Blue Musiek-Akademie

Laas jaar, nadat Kona as die plaaslike Mev. Verenigde Nasies gekroon is, het sy gesê dat sy nooit gedroom het dat sy haar vaardighede by ‘n nie-winsgewende organisasie sou inspan nie.

“Ek hoop om Suid-Afrikaners te inspireer om by hul gemeenskappe betrokke te raak, en om ‘n groter bewustheid te skep rondom huishoudings waarvan kinders aan die hoof staan,” het Kona gesê.

Jy kan Kona se blog volg by The Unsinkable Mommy Brown.

  • Monica

    Baie geluk!!

  • MLR

    " Daarna het sy die raadsaal verlaat om met ‘n gesin te begin." Dis histeries.

  • KARIN BEHRENS

    Baie geluk!

  • trudy

    jip nogal ne MLR LOL!!!

  • bekkie

    as ons na Spreuke 31 gaan kyk,sal ek nie se Sy val in daai katogorie nie!

  • Gabriele Simpson

    trots op jou Kona :) dankie dat jy dit huis toe gebring het groete Gabriele – Dmes, ek is ‘n finalis Mrs United Nation SA 2012/13 – , gaan kyk asb op ons FB blad en http://www.mrsunitednationsa.co.za – dis die top kompetisie in SA vir getroude dames, en dis ongelooflik om deel te wees van hierdie wonderlike groep – dis soos ‘n familie :) en ‘n wonderlike belewenis xx

  • Marie Koch

    Baie geluk met awesome prestasie ons land het meer vroue soos jy nodig wat opstaan vir JESUS EN SY HART HET VIR BEHOEFTIGES!!!!
    BE BLESSED EN MAG VADER JOU NET MEER OPLIG IN JESUS NAAM!!!!!

  • tessa

    Bekkie, ek dink nie Spreuke 31 is bedoel om ander mense te meet nie. Meet liewer jouself daaraan as jy dan nou iemand daaraan moet meet. Ek dink in elk geval jy maak n voorbeoordeelde afleiding, wat Spreuke 31 se tipe vrou nooit sou gedoen het nie.