Sanger Elvis Blue 
FOTO Verskaf deur Kiehl's SA

Sanger Elvis Blue FOTO Verskaf deur Kiehl's SA

Het jy gehoor?

Elvis Blue speel in nóg ’n sepie

Maar gelukkig vir Elvis Blue speel hy net homself. Dié Afrikaanse sanger kuier vandag op die stel van die kykNET-sepie Getroud met Rugby.

Elvis en sy band gaan vir ’n spesiale optrede in Pottie se plek – die karakters se geliefde kuierplek – optree. Maar dis nie sy eerste keer op ’n sepiestel nie. Hy het al Binnelanders en 7de Laan besoek.

“Ek het gelukkig net myself gespeel en dis mos baie makliker,” sê Elvis. Hy is nie seker hoe lank hy nog op stel gaan wees nie.

“Ek mag dalk nog volgende week op stel wees,” skerts hy verder.

Hoewel Elvis op skool in Potchefstroom rugby vir die H-span gespeel het, droom hy daarvan om vir die Springbokke te speel.

“Hierdie geleentheid is dalk die volgende stap. Ek is dalk ’n aanwins,” lag Elvis.

En die res van 2016? Nog 32 vertonings voor hy met vakansie kan gaan.

“Maar sommer net by ons huis op George.”

Lees nou

Kate Middleton laat die koppe draai – al weer!

Kyk watter kleur is nou gróót

Paris Hilton kry hondjie van R115 000