Het jy gehoor?

Elvis se kleindogter maak fliek in Namibië

Riley speel nou in haar 7de film, ná sy bekend geword het vir flieks soos The Good Doctor en The Runaways. Sy is ook ‘n Dior-model.

Riley en Rosie, ‘n Victoria’s Secret-model en Transformers-ster, is tans saam met groot akteurs soos Charlize Theron en Tom Hardy (van Inception) in Namibië vir die verfilming van Mad Max: Fury Road. Die eerste Mad Max-fliek, wat handel oor ‘n futuristiesemotorfietsbende met Mel Gibson in die hoofrol, is in 1979 in Australië verfilm.

Rosie en Riley speel twee van die vyf vroue (wederhelftes van die manne) in dié aksiefliek.

Elvis se kleindogter Riley het later op Twitter gesê: “Die lewe verander so vinnig. Ek is dankbaar om met sulke wonderlike mense omring te word wat my sterker maak en toe te laat om te groei.”

  • bekkie

    as n vrou se hoof nie bedek is nie,laat sy dan ook haar hare afsny:maar
    as dit vir n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer,laat sy haar hoof
    bedek.1 korinthiers 11….dis afskuwelik om so te lyk,maak nie saak of sy
    n fliek maak nie.dis tot oneer vir die Hemelse Vader.