Het jy gehoor?

Elvis sou vandag 80 gewees het – só sou hy gelyk het

Elvis “The King of Rock & Roll” Presley sou vandag, op 8 Januarie 2015, sy 80ste verjaardag gevier het.

Die mediahuis Sachs Media Group het dié foto van Elvis ge-photoshop om voor te stel hoe hy vandag sou lyk.

Buiten die groot musiekspore wat hy agtergelaat het, leef sy herinnering nog voort in sy eksvrou, Priscilla Presley (nou 69), hul dogter, Lisa Marie, en kleinkinders Riley (25), Benjamin (22), en die 6-jarige tweeling Finley en Harper.

Lisa Marie het al gesê sy dink Ben lyk “sonder enige twyfel” nés sy legendariese rock ‘n roll-oupa.

“Dit hang af hoe hy homself aantrek en sy hare stileer, maar hy lyk nes sy oupa.”

Ben is ook ‘n musikant, maar het nog nie aangedui dat hy musiek sy loopbaan wil maak nie. Hoewel Ben groot skoene het om te vul, sê Lisa Marie sy gaan hom nie in enige beroep dwing nie. “Hy doen op die oomblik sy eie ding. Ek gun hom die kans om uit te vind wat hy wil doen,” berig Bang Showbiz.

Wat dink jy? Lyk hy op ‘n haar nes sy oupa?

Riley is weer besig om haar eie pad te loop as model en aktrise. Sy het saam met Charlize Theron in Mad Max: Fury Road gespeel en is besig om uit haar bekende oupa en ma se skadu te beweeg.

may_29_1989_danielle_riley_keough_is_born_to_lisa_marie_presley_and_danny_keough_riley_as_she_is_called_is_the_eldest_grandchild_of_elvis_and_priscilla_presley.jpg_300w

Sy het ook verskeie modelkontrakte, onder meer vir die Australiese onderklere-reeks Bonds. Hier is foto’s van dié veldtog.

 

riley

Bronne: Bang Showbiz en E Onlilne!