img_0551_1_
Het jy gehoor?

Elvis Blue word weer pa!

Elvis en sy vrou, Chireze, verwag hul tweede pienkvoet in Junie. Hulle probeer reeds die afgelope twee en ’n halfjaar vir nog ‘n baba en het 3 maande gelede uitgevind 2013 is dié jaar.

“Dit was harde werk!” lag Elvis. Omdat hulle vantevore ook probeer het en dit nie uitgewerk het nie, het hulle dit dié keer stilgehou. “Dit het fyn beplanning gekos, maar nou is ons baie gelukkig! Dit is wonderlike nuus!”

Elvis en Chireze het reeds ’n naam vir haar in gedagte, maar gaan dit eers bekendmaak met haar geboorte.

Buiten vir nog ’n kleinding, is 2013 ’n groot jaar vir Elvis. Hy beplan ook sy eerste Afrikaanse albumIdols. Hy het voordat hy aan Idols deelgeneem het, twee Afrikaanse albums uitgereik.

“Ek skryf elke dag liedjies – Afrikaans en Engels. Ek het te veel liedjies om van te kies vir my nuwe album.”

Verder is hy nog besig om te toer met sy album Journey, wat verlede jaar uitgereik is.

  • nikki bouwer

    Baie Geluk dit is wonderlik!

  • tessa

    wonderlik !

  • Maryke Beyers

    En hoekom is dit nuus?

  • rickey

    okay geluk maar lyk my die sangers kan omtrent net kinders maak genade!!