512_eva
Het jy gehoor?

EMA–wenners – en kyk net die rokke!

Die EMA-musiektoekennings het gister in Madrid, Spanje, plaasgevind, met die Desperate Housewives-ster Eva Longoria as die aanbieder. Voor haar was sterre soos Katy Perry, Christina Aguilera en Justin Timberlake aanbieders van dié geleentheid.

Wenners

Lady Gaga het weer eens met die meeste toekennings weggestap. Sy het die toekennings in die kategorieë vir beste pop, beste vroue-kunstenaar en beste liedjie van die jaar opgeraap! Sy kon nie self daar wees om haar toekennings te ontvang nie, maar het per satelliet-video uit Budapest dankie gesê.

 

Justin Bieber wat die digitale aanbieder van die aand was, het twee toekennings ontvang, een vir Best Male en die ander een vir Best Push Act.

 

Madrid het behoorlik ge-rock gisteraand met rock-groepe soos Linkin Park (Best Live Act), 30 seconds to mars (Best Rock)

Eminnem het nog ‘n EMA trofee by sy versameling gevoeg vir beste Hip Hop terwyl Kei$ha haar heel eerste EMA-toekenning ontvang het vir beste nuweling

Paramore het best altenative gewen

En heelaas het Shakira weggestap met die MTV Free your mind award na al haar toewyding en harde werk om geleertheid makliker bekombaar te maak vir kinders wêreldwyd!

 

Celebs by vanjaar se EMA’s dra die mini só